Gesels met oud-Waggies van reg oor die wêreld
Ons reünie kom nader en ons wil weer kontak maak met oud-Waggies van reg oor die wêreld. In hierdie reeks gesels ons met klasmaats oor hul lewens ná skool — waar hulle beland het, wat hulle doen, en hul beste herinneringe. Wil jy volgende wees? Laat weet!
In hierdie episode gesels ek met Hein Terblanche — Hein vertel van sy lewe in Benoni saam met Anneri en hul twee seuntjies, sy nuwe rol by Transvaal Galvanizers, die Ligthelm-familie se PNA-dinastie, en hoe skool-atletiek soveel van sy identiteit gevorm het. Ons praat ook oor Rynfield-dae, Gerrit Swanepoel, Sean McGregor, hardloop-knieë, plaaslewe, bek-en-klouseer, en hoekom mens nie net een deel van jou lewe jou hele identiteit moet laat word nie.
🎯 Nominasie: Dane Smit — ons moet daai stem weer hoor!
Leone Britz (Boshoff) gesels uit Sydney, waar sy en Schalk hul voete vind ná die trek uit Johannesburg en nou hul eerste seuntjie grootmaak. Sy vertel eerlik oor emigrasie — die mooi natuur, veiligheid en buitelewe in Australië, maar ook die verlange na familie en vriende. Haar skoolherinneringe draai veral om kunsklas, vriendskappe en die bekende “massabank”-storie uit matriek. Haar raad aan haar 18-jarige self: neem skool minder ernstig op en geniet daardie veilige, eenvoudige tyd meer.
🎯 Nominasie: Renate Brown — as ons haar kan kry!
Van internasionale trader na die kansel — Quintin Hiten het as 'n jong Afrikaanse ou in Londen geland vir "net twee jaar." Tien jaar later is hy steeds daar, getroud, drie pragtige kinders, en vandag voltydse campus-pastoor by CRC London. Hy gesels oor die pad van ekonomie-student tot ministry, hoekom Londen hom vasgevang het, en hoekom daar nêrens in die wêreld is soos Suid-Afrika nie — plus genoeg skoolstories om 'n hele boek te vul.
🎯 Nominasie: Jacques Boshoff
Herbie bly in Wake Forest, North Carolina saam met sy vrou en twee kinders (6 en 10). Sy beste skoolherinneringe is die snoepie-dae, die chicken mayo broodjie wat hy vir Pieter in die gesig gegooi het, en Aubrey se legendariese stories — soos die brandewyntjie voor eksamens. Sy raad aan sy 18-jarige self: volg jou hart en moenie dat ander mense jou te veel beïnvloed nie. Hy wonder die meeste oor Aubrey, André Jansen, Stefan van der Merwe, Kyle Barry, Jurgens, en Jolandie Afrika — en nomineer Abraham, Pieter, of Kyle Barry.
🎯 Nominasies: Abraham, Pieter & Kyle Barry
Bianca het saam met haar hele familie Langebaan toe getrek, waar sy na 3 jaar as eiendomsagent pas oorgeskakel het na 'n nuwe loopbaan in affiliate growth marketing. Sy kyk terug op haar netbal-dae, Juffrou van Heerden se passie, en die legendariese massabank — en haar raad aan haar 18-jarige self: geniet die lewe, maar wees vriendelik, want alles het 'n ripple effect. Sy wil baie graag by die reünie wees en nomineer Quintin Hiten, Christopher du Toit, en Veronique & Jurgens.
🎯 Nominasies: Quintin Hiten, Christopher du Toit, Veronique & Jurgens
Nanette gesels oor haar lewe in Benoni waar sy saam met haar man en drie wonderlike kinders woon, sy geniet haar werk baie as a fisio, selfs met die weird dinge wat daar gebeur! Sy deel lagwekkende skoolherinneringe — van Lianie Potgieter se onweerstaanbare sjokolade-truffels by die debutantebal tot klaskamer-kattekwaad dn Janco wat partykeer haar knoppies probeer druk het! Sy vertel hoe sy by die hospitaal toevallig weer op Herbie Kachelhoffer se pa afgekom het. Haar boodskap aan haar 18-jarige self: moenie worry om in te pas nie — jy is wie jy is.
🎯 Nominasies: Cindy Peyper (Rayner) & Herbie Kachelhoffer
Rozelle bly in Pretoria, is getroud met twee kinders — 'n dogtertjie wat binnekort vyf word en 'n seuntjie van drie — en werk as fisioterapeut in 'n vennootskap. Sy onthou veral die tennis-dubbels saam met Renee de Klerk en die legendariese skyfskiet-uitstappie met Meneer Gert van Tonder — toe hulle langs die pad gebreek het, 'n klomp kinders in winterklere met .22's langs die snelweg. Haar raad: geniet die reis, moenie tyd voorbywens nie, en moet nooit toelaat dat iemand jou vreugde steel nie. Rozelle bring die hele gesin saam na die reünie op 3 Oktober!
🎯 Nominasies: Nanette Bibbey (Niemand) & Emile Koekemoer
Bennie bly in Marister, Benoni, en is getroud met 'n pragtige 2-jarige dogtertjie. Hy is al 18 jaar in die mynbou-industrie — en AI kan hom nie vervang nie! Sy beste skoolherinneringe is die rugbytoere, die massabank in matriek, die keer wat hy en Christie 'n fake baklei in wiskunde-klas gehad het, en poker speel in biologie. Sy raad aan sy 18-jarige self: luister vir jou ouers — hulle weet beter. Hy wonder oor Riaan Sherriff en Janco, en hy kom verseker reünie toe — hy sal vroeg daar wees!
🎯 Nominasies: Johan Swanepoel, Stefan Cilliers & Alyssa Strydom (Neveling)
Cheryldene bly in Benoni saam met haar man Donovan op 'n plot met twee Jack Russells — en selfs 'n paar springbokke! Hulle is baie lief vir jag, veral boogskiet. Saam bou hulle 'n suksesvolle besigheid, CD Design Studio, waar hulle signage, branding en printing doen vir besighede in Suid-Afrika — met 'n paar internasionale kliënte ook. Sy dink baie aan Schabort en Madeleine, en wonder ook oor Megan Fella. Haar gunsteling herinnering is die sport, en om saam met die 1ste hokkiespan Vrydae te sing. Sy kom verseker die 3de Oktober reünie toe en kan nie wag om almal te sien nie — sy het die 10-jaar reünie gemis!
🎯 Nominasies: Christie Coetzee & Bianca Schroeder
Ulrike bly in Pretoria en is getroud met JW Goosen. Hulle het vier katte! Ulrike het vyf jaar gelede 'n nuwe besigheid begin, Jump Fit Arcade, en is besig om groot dinge te doen! Sy dink gereeld aan Megan en Sarieta, en sy gaan haar beste doen om die 3de Oktober by die reünie te wees!
Janesse Botha is terug in Boksburg na 8 jaar in Knysna. Sy's bly om terug te wees, maar Knysna bly maar mooi. Sy dink aan Yolande Harris en ook aan "BB". Janesse kom verseker reünie toe — so maak seker jy join haar vir 'n Jägermeister-shot!
Edgar Fourie gesels met ons vanuit die hartjie van die Kongolese oerwoud, waar hy as hoof van supply chain by een van Afrika se grootste goudmyne werk — 'n plek so afgesonderd dat net 'n chartervliegtuig jou daar kan kry. Hy vertel van gebreekte bene, seekoeie in die rivier, en sy gunsteling Vrydae oggende by Brandwag. Oh ja, en hy red ook renosters!
Duncan woon in Faerie Glen, Pretoria, en werk as takbestuurder vir 'n familiebesigheid. Sy beste skoolherinneringe draai om interhoër en die skoolkampe — die opwinding om op die bus te klim en saam met vriende weg te gaan. Sy raad aan sy 18-jarige self is eenvoudig: moenie toelaat dat mense jou in 'n rigting stuur wat jy nie wil gaan nie — wees jouself. Duncan trou op 17 Oktober, maar kom definitief reünie toe, al is dit net vir 'n uur of twee.
Schabort woon steeds in Boksburg, is getroud met Melissa, en het drie kinders. Hy het nooit die Oos-Rand verlaat nie — sy kinders gaan nou self in die Rynveld-area skool, waar hy daagliks oud-Brandwag-konneksies raakloop. Sy beste herinnering is die rugby — veral toe hulle in graad 6 die Super 16 gewen het. Hy wonder oor Hendrik Willemse en Stefan Pretorius, ou maats met wie hy kontak verloor het. Schabort kom definitief reünie toe, en het 'n groot plan: 'n veiling waar klasmaats dienste en ervarings skenk om geld vir die skool in te samel.
Lara Lecordeur is ma van drie, het 'n tuisgekookte kos-besigheid begin (met baie keto-kliënte!), en koop en restaureer ou huise saam met haar man — insluitend een van die oudste huise in Benoni. Haar beste skoolherinnering? Toe Brandwag en Hans Moore mekaar weer in rugby kon pak, en Brandwag wen. Lara sê gryp elke geleentheid aan en moenie oomblikke verbywens nie — die lewe gaan vinniger verby as wat jy dink. Die reünie-datum is vasgestel vir 3 Oktober, en Lara kan nie wag nie.
Wesley Venter bly in Viëtnam en gaan fisika by 'n nuwe internasionale skool gee terwyl hy sy dogtertjie drietalig grootmaak. Hulle deel lekker skoolherinneringe — die snoepietrap-hangplek, Meneer Kruger se legendariese kryt-insident, skoolkampe, en die Gold Reef City-uitstappie. Wesley sê hy dink gereeld aan Renate Brown en hoop dit gaan goed met haar. Die reünie-datum is vasgestel vir 3 Oktober, en Wesley kom definitief.
Madeleine woon in Benoni en was Wiskunde-onderwyseres by Kempton Park en later Departementshoof by Brandwag. Sy werk nou in die privaatsektor met opvoedkundige items vir skole. Sy wonder die meeste oor Quintin Hiten — en kom verseker reünie toe.
Sherri-lee woon op 'n plaas naby Dullstroom, is getroud met twee dogtertjies, en werk as invoerbestuurder. Haar man boer met sitrus en eksotiese wild. Sy wonder oor Gerald Visagie, Bianca Schroeder en Christie Coetzee — en kom verseker reünie toe.
Ilse woon in Windhoek, Namibië, werk as biokinetikus, en het drie kindertjies. Haar man is 'n apteker by 'n onkologie-sentrum. Sy wonder oor Carina de Kok en oorweeg die reünie baie sterk.
Regardt woon in Randburg, is vyftien jaar getroud met twee kinders, en werk as musiekregisseur. Hy wonder oor Jacques Boshoff, Schabort Meyer, Riaan Sheriff en Gerald Visagie.
Hoekom ons dit doen en wat jy kan verwag.
Meer episodes kom binnekort! 🎧
Luister op Spotify 🎵